Wek het op

Wek het op
Author: Dag Heward-Mills
Publisher: Dag Heward-Mills
Total Pages: 94
Release: 2022-08-15
Genre: Religion
ISBN: 1683984714

God heeft u veel mogelijkheden gegeven. U heeft de gave van God in u! Laat dit geschenk niet sluimerend en ongebruikt in u liggen. Onthoud dat de wereld wacht op de manifestatie van deze gaven in u. U moet deze gaven, die al in u zijn, aanwakkeren en manifesteren. Veel mensen zullen worden gered! Veel mensen zullen genezen worden! Veel mensen zullen gezegend zijn als de gave van God in u volledig tot actie wordt aangewakkerd. Na het lezen van dit inzichtelijke werk van auteur en predikant Dag Heward-Mills, zult u een verrassing voor de wereld worden! Velen zullen verbaasd zijn over de grootsheid van de gave van God in u.

Die Kaapse Helpmekaar

Die Kaapse Helpmekaar
Author: Anton Ehlers
Publisher: AFRICAN SUN MeDIA
Total Pages: 515
Release: 2018-06-06
Genre: History
ISBN: 1928357792

Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, 'n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus 'n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As 'n kredietverskaffer vir tersiere opleiding van Afrikaanse studente vir meer as 'n honderd jaar, verteenwoordig die verhaal in 'n sekere sin die verhaal van Afrikaners - van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiere onderrig. Dit verskaf 'n Afrikaner-antwoord op 'n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, 'n templaat en 'n benadering voorhou waarby 'n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.

Die Staat vs. Oscar

Die Staat vs. Oscar
Author: Marida Fitzpatrick
Publisher: Jonathan Ball Publishers
Total Pages: 281
Release: 2014-10-01
Genre: True Crime
ISBN: 1868426424

Oscar klop aan die deur en Reeva kom maak vir hom oop. Die man wat oor die drumpel trap, wat vir die laaste keer by hierdie huis instap, is Oscar Pistorius, skatryk, alomgeliefde wêreldberoemde Olimpiese held. Die man wat oor minder as 24 uur by dieselfde deur sal uit steier, sal 'n ánder Oscar wees. Berug, bebloed, bedroef, 'n flentersgebreekte spieël van homself."Dis die verhoor van die jaar, die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n hofdrama geword het, 'n sprokie wat in bloed geëindig het.Die Oscar Pistorius-saak is al van hoek tot kant bestudeer en ontleed, in berigte en debatte bespreek. Maar nog nooit is dit van die begin tot die end as 'n spanningsverhaal vertel nie. En dít is wat Marida Fitzpatrick in Die Staat vs. Oscar doen. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie nag en die mees dramatiese dele van die verhoor op só 'n manier ineen dat die boek soos 'n misdaadriller lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit roerende onderhoude met van die betrokkenes se naastes. Die boek bevat ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? Dit word alles geïllustreer met foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is 'n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.

Draaipunt

Draaipunt
Author: Anton van der Merwe
Publisher: Xlibris Corporation
Total Pages: 193
Release: 2012-05-03
Genre: Religion
ISBN: 146912680X

Die skrywer is ‘n normale Suid- Afrikaanse vader en eggenoot met ‘n beroep wat hy nie met sy gesin gedeel het nie. Van kind, na soldaat, na boer, na sakeman, na Polisie beampte. Hy begin die verhaal by sy kindsbeen dae waartydens ons nie altyd weet hoekom en waarom dinge so gebeur nie. Die gebeure hierin vervat beskryf dit. “Draaipunt” neem jou op ‘n bospaatjie waarlangs jy die sal begryp. Dit leer en berei jou voor vir besluite wat jy sal moet maak tydens jou seevaart wat soms lei tot stormagtige waters. Gedurende die 40ste jaar van sy lewe het God hom stilgemaak om vir hom te sê wat in Deut. 8: 2-3. staan.”v2 “En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. v3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.” Ook vandag mag u voel u gaan deur waters, God is by u, of deur riviere - hulle sal u nie oorstroom nie; as u deur vuur gaan, sal u nie skroei nie, en die vlam sal u nie brand nie. Wees nie bevrees nie, God maak iets nuut, u sal dit dalk nie merk nie. Ja, God maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis om sy volk (u en ek), Sy uitverkorene, te laat drink. Die natuur en ek en u sal God eer, ons sal Sy lof verkondig. Elke boodskap hierby aangeheg, is van God, aan my oorgedra, en ek deel dit graag met u. Die skrywer wil getuig en met u deel dat gedurende die tyd het hy met God ontmoet en ook homself leer ken. Hy beskryf dit as swaar tye maar sy beste tye met God. God is so Goed: God vra soms van ons die aardse dinge, die eindige dinge en gee ons die Hemelse-ewige in die plek daarvan. God eis sekere dinge van ons op, maar dan oorlaai Hy ons weer met Sy allerrykste seëninge. Nooit maar nooit het God eenkant gestaan en kyk hoe donkerte om hom toesak nie. Hy is sy Lig, dit het hy aan die Here se genade te danke. Wanneer ons oor God of met God wil praat, Hy sal ons leer wat om te sê, ook vandag sal Hy ons sterkte skenk. Rom.10:13. - Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Om dissipel van Jesus te wees moet ons sterf, ons kruis opneem en agter Jesus aangaan. Volgens Heb.12 word ons gereken egte kinders van God te wees. God toets ons harte, nederigheid, vriendelikheid en al die vrugte van die Gees, sal ons deel word as ons in die Lig bly. Lees Rom 12: 9-21. Oorwin die kwaad. Die is 'n saak tussen jou en die Here. Dit gaan nie daarom om mense te plesier nie, maar om God te behaag. By skuldbelydenis ervaar jy die liefdevolle troos van die Vader. Dit is so maklik om kwaad met kwaad te vergeld, maar die Heilige Gees sê aan ons wat die Vader van ons verwag: God se tyd is die regte tyd. Die manuskrip is: *‘n belofte gestand gedoen, *die waarheid kom tot die lig, *die ware verhaal kan mense help in nood ongeag wat hul omstandighede is, *die ontdekkings is ongelooflik en U sal dit wil deel met ander. Die hart van die verhaal is waar die skrywer gekonfronteer word, maar geweier het om ‘n korrupte Polisie man te wees, nie sonder ‘n prys nie – Sy lewe!

Public Address

Public Address
Author: Alexander P. M. van den Bosch
Publisher: Lulu.com
Total Pages: 243
Release: 2017-12-28
Genre: Business & Economics
ISBN: 0244658064

We are in the presence of a magnificent woman, Rita, we share some thoughts we hold dear together, we see that some just cannot hold that down.. and reject .. and connect (ag.)

Meer oor PJ van der Merwe

Meer oor PJ van der Merwe
Author: Margaretha Schaefer
Publisher: AFRICAN SUN MeDIA
Total Pages: 178
Release: 2017-07-17
Genre: History
ISBN: 0620747455

"e;Saam met Berigte uit die Dorsland het die historikus se dogter, Margaretha Schaefer, ook Meer oor P.J. van der Merwe saamgestel. Dit vorm as't ware 'n tweeluik. Baie interessant is onder meer koerantberigte oor Van der Merwe se openbare optredes in 1940 terwyl die Tweede Wereldoorlog gewoed het. Hy was toe nog nie 30 jaar oud nie en het pas teruggekeer van Nederland waar hy sy doktorale studies afgehandel het ... In die bundel is verskeie resensies opgeneem wat Van der Merwe oor leidende historici se werk geskryf het. Dit sluit ook in evaluasies van ander historici van sy werk en van die dosente in die Geskiedenis-departement aan die U.S., waarvan hy van 1955 tot 1977 die effektiewe hoof was ... 'n Opstel deur F.A. van Jaarsveld, waarin hy Van der Merwe en sy werk ontleed, is een van die mees uitstaande bydraes van hierdie historikus. Dit is egter die essay getitel Trek, deur die Australiese historikus W.K. Hancock, wat in die tydskrif, The Economic History Review, gepubliseer is, wat beter as alle ander pogings slaag om die unieke bydrae van Van der Merwe tot die Suid-Afrikaanse historiografie te beskryf en te ontleed."e; - Hemann Giliomee